Ditch the ads, upload images and much more - upgrade today from 5.95/month!
Read Contests Groups Learn Forums Store Help
 

Ek draf agterna

 

 

alleen

met gedagtes

wat springbok

en soos buffelstof

doerkant oor die bult verdwyn

 

jaag my hart soekend

soos enkele donderswolk agterna

in bakwarm laatmiddag son

terwyl donkerskaduwee

veldverloor

aan ylverspreide bome struikelhak

en geruisloos oor ruigtebos spring

 

dan vlug ek ook saam

na koel waterskim

om soos tonguithangbok

my dors te les

en dan weer

verder te draf






 

Author notes

Promt: how we sometimes are tossed and turned on life's path.



In a list

A contest entry

Please tell me what you think

    : , Your review:

    Comment Suggestion: What is your your first impression?
    Line numbers  • Invite them to read
    : no Cost: 0 free left 0 points, You have (?)

Comments

1 - 6 of 6
  • Neef Kykmytros
    October 10

    Edit | Reply
    Ek geniet die beeldspraak, maar dit is die humor waarmee jy na jouself kyk waarmee ek my voete kan was. Baie dankie. Kon die rooi stof ruik en my gevlekte vellies weer om my voete voel.


  • Rebekah-Ann silver member
    October 6

    Edit | Reply
    Soveel gedagtes wat deur my hart stroom terwyl ek jou gedig lees Frans. Suid-Afrika is beslus die land van Melk & Heuning en ons taal weg die baan vir die mooiste poësie en klanke.

    Goeie werk met die vertaling, dit is dikwels die moeilikste deel van die gedig aangesien mens nie altyd woorde vind wat die betekenis kan oordra nie.

    Applous vir jou

    Vriendelike groete
    Bekka


  • Night Hope gold member
    October 4
    Edit | Reply

    That makes a lot more sense. Maybe you should teach google how to speak Afrikaans, ehhh??? LOL Thank you for translating it so I could get a glimpse of the true beauty within your words, my Friend.


  • Nevel
    October 4

    Edit | Reply
    oh, dit is prachtig..de vergelijking met de springbok...typisch voor Afrika..de sfeer van je gedicht, de beelden, bijna betoverend. Je tweede stanza kan geschreven zijn door de springbok


  • myrataal silver member
    October 4

    Edit | Reply

    Ongelooflike Mooi!

    Pragtige, beeldende taal, so eg Suid-Afrikaans as kan kom, in 'n lieflike, vloeiende idioom.

    Mensig, Frans. Ek dink jou EINTLIKE genré is Afrikaans. NOU seg jy vir my!



    Edengroete
    Myra

  • Night Hope gold member
    October 3

    Edit | Reply


    http://translate.google.com/

    It didn't help much, but I kinda got the idea, anyway. Good luck in the contest, my Friend.

1 - 6 of 6