ek kan nie my dors les aan jou
bietjies-bietjies kelkies dou;
onder jou blou trompettergeskal
het Jerigo se heinings platgeval.
ek durf my nie aan jou voete gooi
vir momente van eendagmooi,
maar hoe sal ek jou ooit uitroei
as jy soos purperwinde oor my groei?




















78 old applause
