As jy maar net kon weet hoe mis ek die Karoo, die rooi stof, die roep van 'n Korhaan, die luidrugtige samesyn van 'n trop tarentale, ja hulle is 'n trop en nie 'n swerm nie! Die wye vêr verlate Afrika vlaktes wat my met sy luide stilte roep en regte klippe! Ysterklip so hard en onverbiddelik, plate daarvan wat lyk soos borde op 'n tafel net vir my gedek.....
Myra, ek mis my mense, ek mis my taal, ek mis my land en ook lekker Koedoe biltong! Die reuk van 'n soetdoringhout vuur so reg in die hart van die Bosveld, die reuk van dankbaarheid na 'n lekker somers donderstorm. Rye en rye groen mielies langs die pad tussen Paul Roux en Bethlehem, soos soldate op 'n medalje parade. Dis nou Kosmos tyd, ek verlang die palet van wit, pienk en pers.
Ek sal maar seker altyd 'n "boertjie" wees diep binne in my hart, ek sal seker na 20 jaar in Kiwiland my eie variasie van Afrikaans praat......
Author notes
In NZ word ons "japies" genoem, omrede ons "ja" antwoord ipv "yes"..... Dis nie maklik om jou taal, volk en vaderland op te sê en weg te trek nie. Ek weet nou dat my voorvaders (en ook moeders) wat met ossewaens en al oor die Drakensberge getrek het vrek baie murg in hulle pype moes gehad het, soos my vrou sê immigrasie is nie vir sissies nie....
A contest entry
- Gedagte Perels by Neef Kykmytros.
650 points, ended October 10, 14 entries
• next poem in this contest, remove from contest
Please tell me what you think
Comments
-
Ja, ek dink jy het die gevoel van duisende ballinge saamgevat met hierdie vryspraak van jou. Ons hou dit in totdat dit vanself uitborrel. Baie dankie vir jou inskrywing.
-
Ag toggie dit is so hartseer! Ek het jou gedagtes gelees en ook gedink aan hoe dinge anders sal wees as jy weer terug kom... Dinge verander, elke liewe dag... en soms wil ons die verandering hê en soms nie... Om terug te gaan en jou gelukkige oomblike te herleef met jou kinders of selfs alleen is nie altyd soos mens dit verbeel nie. Dalk beter dat jy die goeie tye bêre in die boksie in jou hart. Ek het terug gegaan na my "huis" van soveel jare terug en was vreeslik ontsteld toe ek die veranderinge sien.
Ek bid saam met Myra dat jy nuwe drome sal vind en dat jy vervulling sal beleef so ver in die vreemde.
Sterkte en mag jy en jou gesin wel eendag kom kuier en lekker boerebeskuit by my huis kom eet wat ek vir jou sal bak in my boerekombuisie


-
Ek kan nie
in jou skoene staan nie, maar daar is iets soos kan dink hoe dit moet voel. Soms huil my hart saam wanneer ons van julle inbors bewus word - wanneer ons manne daar by julle rugby speel; dan voel ek so ietsie wat julle beleef. Ek glo julle het 'n rol daar te speel. Genoeg hiervan . . . dankie vir die kort inset met diep woorde; ons at ouer is en plattelands grootgeword het, kan minstens dit nou saam met jou beleef. Groete daar oorkant. Frans

-
Watter PRAGTIGE woorde.
Skryf dit asseblief in vir die Afrikaans-kompetisie van Neef Kykmytros.
http://allpoetry.com/contest/2461271
Dit is voorwaar pêrels uit jou mond.

Myra -
Nou het jy my in trane ...
laat ek eers weer lees ...


-
-
Dankie Myra!
Die gedoente wat ek neergepen het, het net uitgeborrel na ek die gedig gelees het wat jy vir Nefie geskryf het.....
Dit gebeur maar in oomblikke van swakheid, wanneer die trane agter die masker uitdrup.....
Terugkom huistoe? SA is nie meer my huis nie, vir my is dit 'n plek van groot smart, vrees, swaarkry. 'n Plek waar ek meer as net met vergane droom 'n prys betaal het vir iets wat nie myne eers was nie.....
Ek is jammer ek klink so negatief, vir my is die enigste mooi, my kinder herinneringe iets wat was en nooit weer sal wees nie!
-
-
Jou woorde maak my oneindig hartseer ... Ek sal bid vir nuwe drome. Weet dat alles eendag weer heel sal wees, in 'n ander dimensie. Ek het self baie verloor; ons almal loop die pad. Maar terwyl jy hier is om sulke pragtige Afrikaanse woorde te skryf, sal ek jou lees!
Mooi aand vir jou, T.
-
-



