Ditch the ads, upload images and much more - upgrade today from 5.95/month!
Read Contests Groups Learn Forums Store Help
 

Kraaie en Krappe

Kruis kras klanke uit,
kruip tussen klanke wat lag.
Knyp knouende kragwoorde vas.
Laat klingel die klanke wat sag
in die more son murmureer
dat kwetterende kraaie krys
en krapperige huisvroue krap
waar die son slegs goud wou wys.

Lag luid en suid
knou  kraaie en krappe
niks is sterker
as humor se klappe. 

Author notes

Wel, die kompetisie was 'n aangename verrassing en alhoewel die versie tonne beter kon wees, is dit goed om weer in Afrikaans te skryf vanuit 'n ver land waar niemand Afrikaans praat nie (of dit voel so alhoewel ek weet daar is Suid Afrikaners hier). Hoop jy kry nog meer en ASSEBLIEF doen meer hiervan (die afrikaanse kompetitisies). Ek het hope punte en ek sal punte skenk as jy dit nodig het.

A contest entry

Please tell me what you think

    : , Your review:

    Comment Suggestion: What is your your first impression?
    Line numbers  • Invite them to read
    : no Cost: 0 free left 0 points, You have (?)

Comments


  • leo2
    November 8, 2008

    Edit | Reply
    Congratulations on the silver. I don't read a word of Afrikans. If an English translation is available please let me know.

    Sincerely,
    Leo Long


  • Rebekah-Ann silver member
    October 24, 2008

    Edit | Reply
    Oh ek is mal hieroon!!! ongelukkig kry Afrikaans so min bloodstelling, ek dink ons moet 'n Afrikanse groep begin? Ek is mal oor jou gedig en ek is so bly dat jy dit ingestuur het in my kompetisie!


    • tanzanite
      October 24, 2008
      Edit | Reply
      Ek is bly jy hou daarvan. Ja, 'n afrikaanse groep klink vir my na 'n goeie idee. Iemand anders moet dit begin aangesien ek net 'n standaard lid van die webblad is en ek nie die voorreg het om 'n groep te begin nie. Ek sal inval en deelneem sodra so 'n groep begin. Baie goeie idee.