Ditch the ads, upload images and much more - upgrade today from 5.95/month!
Read Contests Groups Learn Forums Store Help
 

Van vlas tot goud

Wanneer die dag sy skouers met ‘n purperkleed omvou
En die nag sy tarentaalmantel op die kapstok hang
Hoor  ek ‘n menigte stemmetjies opruis in samesang
Van onder uit die vlei se grou

Dis dan dat mevrou Wewer haar man aansê
Sy beduie driftig met haar vlerk-penveer
Die gesin moet aanwas en vermeer
Sy kort ‘n tuiste, sy wil eiers lê

Heel kordaat word twee palmiete aanmekaar gesmee
Met vlas stewig vasgeknoop
Bou hy ‘n nes met ‘n fondasie van geloof en hoop
Dis hoe meneer Wewer aan sy liefde uiting gee

Die palmiete die weefraam
Die vlas die wewersdraad
Die harde werk, die liefdesdaad
Sy luide geroep wat sy handelinge beaam

Mevrou Wewer sal telkemale ‘n inspeksie kom doen
Kyk of sy van skering en inslag hou
Haar man moet mos ‘n sterk nessie bou
Sal sal hom telkens aanpor met prysing en ‘n piksoen

Salomo, wyse digter van weleer
Vertel ons dat niks God ontgaan
Hy tel elke lag en Hy tel ook elke traan
Hy sorg vir ons selfs al is die lewe vol seer

Want al maak die onseker ons bang en benoud
Sal ons aanhou om die lewens-oseaan te bevaar
Dis dan net in liefde, al is dit moeilik en swaar
Dat ons ook vlas weef tot goud 

Anthos 10-09-08

Please tell me what you think

    : , Your review:

    Comment Suggestion: What is your your first impression?
    Line numbers  • Invite them to read
    : no Cost: 0 free left 0 points, You have (?)

Comments


  • myrataal silver member
    July 28
    Edit | Reply

    Hallo Theunis!

    Ek het 'n paar woordjies in hierdie gedig verander, maar nie te veel nie. Ons boek behoort volgende week van die binder terug te kom. Ek sal jou laat weet!

    Dit was 'n groot werk, maar dit was die moeite werd. Skryf dan nou tog weer 'n gedig! Wat van verlange na jou geboorteland?

    Edengroete hier vanuit George.
    Myra


  • myrataal silver member
    March 4
    Edit | Reply

    Het net weer kom lees ...

    met 'n skielike swenk in my jaarprogram, moes ek die boek eenkant skuif. Hopelike kan ek binnekort die werk voortsit.

    Hierdie gedig is pragtig.

    Edengroete hier uit die Suiderland.
    Myra


  • Rebekah-Ann silver member
    January 8

    Edit | Reply
    Ek voel sommer baie bevoorreg om te sien ek kon die pragstuk lees nog voor dit op die rakke verskyn het

    Regtig baie mooi!


  • myrataal silver member
    November 6, 2008
    Edit | Reply

    Pragtige werk ...

    so beeldend, met die wonderlike toepassing op die einde. Jy kan waarlik trots voel op hierdie gedig, wat dan ook in ons boek gaan verskyn!

    Ek sal jou laat weet wanneer hierdie boek beskikbaar is.

    Dankie dat jy steeds my werk lees -- ek waardeer dit baie.

    Edengroete
    Myra