Sy het probeer om hom te veras,
die gedagtes van sy hande wat onder haar klere was.
'n Spoel geweef van skaam en seer,
Die web wat haar gedagtes beheer.
Die maanlig verf haar trane swart,
die skuld kerf merke op haar hart.
Dis nou te laat dit was haar laaste kans,
die dood het haar klaar gevra om met hom te dans.
Melonkoliese krake terk haar geheime uit,
die ondeurdring bare deur hom verwyd.
Onskuld versmelt tot nuwe persepsie,
'n modrene miskonsepsie.
Die maanlig verf haar trane swart,
die skuld kerf merke op haar hart.
dis nou te laat dit was haar laaste kans,
die dood het haar klaar gevra om met haar te dans.
Comments
-
jo! dis vlippen goed ek love dit. ek is speach less. ek kanni n stuk uithall wat die beste is nie die hele ding is amazing



