Digterstroom
Gepubliseer deur
KREATIV SA
POSBUS 4404
GEORGE-OOS
6539
SUID-AFRIKA
Kontakbesonderhede vir bestellings:
Christiaan-Louis Swanepoel
versegraal@gmail.com
Sel: 071 074 7276
Sel: 082 345 2445
Alle regte voorbehou
Kopiereg © 2009 Christiaan-Louis Swanepoel
Eerste Uitgawe Eerste Druk 2009
ISBN 978-0-620-45289-2
Elektro-set en Taalsorg: ML KREATIV SA
Omslag-kuns: © 2009 Tammy Moult
Omslag-uitleg, -foto en -teks: ML KREATIV SA
Lettertipe: Lucida Handwriting 11 pt
Meesterkopie: ON KREATIV SA
Omslag: druk- en bindwerk: Blitsdruk GEORGE SA
_______________________________
DIGTERSTROOM
Christiaan-Louis Swanepoel
KREATIV 2009
VOORWOORD
Christiaan-Louis Swanepoel se debuutbundel, Digterstroom, word gekenmerk deur die musikaliteit van rym en ritme, ook kensketsend van sy belewenis van die werklikheid. Die liriese en ritmiese elemente konvergeer tot vloeiende stroom, aanduidend
van die titel van die bundel. Verse word welluidend voortgestu deur klanknabootsing, alliterasie en assonansie.
Die digter is heel bedrewe in die aanwend van metafore, waar veral die mitologiese ’n eie, unieke karakter verkry. Die toonaard van die bundel – spontaan en oënskynlik lighartig – doen nie afbreek aan die diepte, geskakeerdheid en fyn afgerondheid nie. Trouens, die spel van skadu en lig in hierdie bundel weerspieël emosionele rypheid en wysheid, wat slegs deur jarelange bepeinsing en introspeksie verkry word.
Die verse is beeldend en ryk:
Kabbelstroom oor klippertjies klots en klater
babbelspruit se liedere oor rots en water (32)
Die leser volg die digterstroom se
… pad na stowwerige stiltes waar selfs die lig ook faal (28)
Die digter verklaar onomwonde:
I have lost confidence in my own ability and means
but not in the One who governs all things. (26)
Baie van die gedigte in hierdie bundel kan gekategoriseer word as sosiale kommentaar. Met sy fyn waarnemingsvermoë en geoefende oor, gee die digter ‘n lewensgetroue
beeld, dikwels tong in die kies, van sy beleweniswêreld.
Bewus van die trefkrag van sy moedertaal en die emosionele kontras in die sosiale, skryf die digter die volgende:
Hierdie taal is gegrond op ’n groot begeerte
om regtig vry te wees sonder afguns en listigheid
met aangename mense, oop ruimte en rustigheid
Die moedertaal gemeng met water en rots
Ons eie skeltaal, singtaal, digtaal en trots
geslyp en geskuur
gesmee in die vuur
Proe die suiwer klank van wind en stof
voel sy helder tone, dit is sag en grof
Hierdie taal is baie preuts en vreeslik plat
dit sal jou liggies streel of sommer lekker slat
Is dit slim geskryf of maar net simpel praatjies
hy sê sy sê in voorste stoel en agterstraatjies (13)
In hierdie hoofsaaklik titel- en punktuasielose bundel, is die bladsye nie genommer nie (die digter hou nie van oortolligheid nie), maar die gedigte vorm ’n numeriese reis, dog nie noodwendig kronologies nie.
Die digter se pennevrug is ‘n helder fontein, verfrissend en eiestemmig. In sy eie woorde:
petite perfection pretty plain
petal poetry, a prayer’s refrain
decay defying ever-living dream
sweetest fountain, overflowing stream *
Myra Lochner
KREATIV SA
George
Suid-Afrika
2 November 2009
*Geskryf op 24 Oktober 2009 gedurende 'n KREATIV-slypskool te George
Poetry by a new KREATIV SA Poet.Gedigte deur 'n nuwe KREATIV SA Digter
Add a comment
Comments
-
Congratulations
on your new publication. It is a pleasure and an honour to be published by Kreativ.
-
-
Thank you, Margaret!
The pleasure and honor is mine!
Love to you, Poetess.
-


